Headlines

DIS MOS NOU ‘N KARNAVAL! APIESDORING KARNAVAL

9 August 2019 · Platinum Bushvelder

DIS MOS NOU ‘N KARNAVAL!
APIESDORING KARNAVAL

Thabazimbi – Die organiseerders van die Apiesdoring Karnaval bedank graag die gemeenskap van Thabazimbi vir hul ondersteuning. Dit was ‘n heerlike amper somersdag met derduisende karnavalgangers.


Besoekers van so ver as Somerset-Wes in die Kaap het spesiaal gery om die jaarlikse instelling te kom bywoon. 


Die gaskunstenaars het nie teleurgestel nie en die skare het heerlik saam gesing met treffers wat die harte laat warm klop het. Dit was veral Adam Tas se musiek en verhoogspersoonlikheid wat die skare aan die gons gehad het. 


Die dieregeluid namaak kompetisie was groot pret en uiteindelik het klein Divan (11) van Pretoria met sy warm persoonlikheid die skare se steun gewerf... “En skielik was ek skatryk” het hy opgewonde vertel.


Biltong is alles uitverkoop en die rede is die prys en kwaliteit. Ook die vleis is byna uitverkoop. Die vinnige flink bediening het gemaak dat daar nie in lang toue gestaan moes word nie. 


Kindervermaak was uiters gewild. Ouers kon die vermaak op die verhoog geniet en stalletjies besoek, terwyl hul kinders vir net R5-00 kon perdry, die spookhuis besoek, tombola speel of by Kobus Muller se kinderkuierplek pret hê. Dít was maar ‘n druppel in die emmer in dié lushof vir enige kind.


Die Apiesdoring karnaval is ‘n wonderlike instelling, aangebied deur die Hervormde Kerk se lidmate. Seer sekerlik die hoogtepunt van die karnaval was die goeie gees, entoesiasme en hartlikheid wat sinoniem is met hierdie lekker fees! 

Dit was ‘n heerlike amper somersdag dag met derduisende besoekers.
Adam Tas het die boereharte
warm laat klop.
Hoe ry die boere sit, sit so... Sunet du Plessis (11) en haar boetie Sebastiaan (5) durf meneer perd aan! 
Adam Tas se growwe rasperstem en emosie-belaaide lirieke, nes geskop in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers. Met sy nuutste album, Sit Kêrels, gaan hy beslis ‘n paar nuwe aanhangers verwerf! 
Daar’s ‘n trein... Tjoeke-tjoe-tjoeke-tjoe!  
Van links, Wilmari Buys en Hanri Botha beman ‘n stalletjie. 
Afrikaners is plesierig!