Headlines

Die nuwe Mej Thabazimbi gekroon

9 August 2019 · Platinum Bushvelder

Die nuwe Mej Thabazimbi gekroon

Thabazimbi – Die Trollope saal was weereens propvol opgewonde ondersteuner tydens die jaar se Mej Thabazimbi kroning op Vrydag 26 Julie.


Die atmosfeer was aansteeklik en die pragtige modelle het geskitter op die loopplank in hul deftige uitrustings vir die geleentheid.


Wel gedaan aan Ankebe Els wat met die kroon weggestap het.


Baie geluk aan al die ander wenners wat in hul onderskeie kategorieë gekroon is:


Miss Petite 
•    Wenner – Amoré Herbst
•    Eerste prinses – Sermei Bornman
•    Tweede prinses – Rolleen du Plessis
Miss Pre-Teen
•    Wenner – Marli du Plessis
•    Eerste prinses – Mioné Smith
•    Tweede prinses – Kaylee Botha
Mej Tiener Thabazimbi
•    Wenner – Carmen Greeff
•    Eerste prinses – Suné Meyer
•    Tweede prinses – Nicole Welthagen
Mej Thabazimbi
•    Wenner – Ankebe Els
•    Eerste prinses – Lize-Mari Judeel
•    Tweede prinses – Kenilwe Kapong


“Baie dankie vir al die ondersteuning en borge wat bygedra het om die aand ‘n sukses te maak. ‘n spesiale dankie aan Bokkie Groenewald wat die aankondigings gemaak het en die beoordelaar Mrs Africa Globe Classic 2019 Laurette Marais.” aldus organiseerder van Mejuffrou Thabazimbi Ursula Roux in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder.

Van links: eienaar van Damsa Model Studio Dajana Rijetkovic en Mej Thabazimbi 2019, Ankebe Els