Van Toeka tot nou Thabazimbi se eerste apteek

Thabazimbi – Vroeg in 1941, 78 jaar gelede kon inwoners van Thabazimbi hulle eerste apteek betree.
Seef le Roux was die trotse eienaar van hierdie apteek en in daai dae moes die aptekers nog self hulle eie doepas en voorskrifte meng. Interessant genoeg - tot in 1960 kon die apteker selfs ‘n bietjie kokaïne by die doepa voeg om pyne en skete te verlig.
Dit is onduidelik waar die eerste apteek handelgedryf het maar Platinum Bushvelder kon bevestig dat dit later vanaf die besigheidsentrum in Tweedelaan bedryf is.
In 1999 het Le Roux apteek saam met Medchem Apteek gesmelt.
Eerder as net ‘n naam kies, loods die eienaars ʼn opwindende kompetisie waar inwoners in die kontrei self hulle 10 sent kon lewer oor ‘n geskikte naam vir dié nuwe apteek. Daar was ‘n paar interessante voorstelle en op die einde wen ‘n inwoner die kompetisie en die besluit word geneem om dit Medhof Apteek te noem.
Cheryl Hildebrand het in 1984 by die apteek begin werk en is vandag steeds werksaam by Medhof Apteek.
Medhof Apteek het later verskuif na die hoek van der Bijlstraat, waar hy vandag steeds besigheid doen.
Die volgende personeel is al jare in die aptekersbedryf werksaam is steeds by Medhof Apteek
- C Hildebrandt - van Junie 1984 35
- PJ Maluleke - van Junie 1984 35
- TD Morutlwa - van Februarie 1987 32
- KJ Segone - van April 1990 29
- MI Elliott - van Jan 1992 27
Totaal:158 jaar ondervinding tussen die vyf personeellede
