Headlines

911 Riders with a Cause, ry TEEN plaasaanvalle 

13 October 2017 · Platinum Bushvelder

911 Riders with a Cause, ry TEEN plaasaanvalle 

Thabazimbi – Die groep van  911 Riders with a Cause het omstreeks 07h00 op Sondag, 8 Oktober, weggetrek vanuit Musina om hul memorandum aan verskeie polisiestasies te oorhandig. 

Díe motorfietsklub, onder leiding van pastoor TJ Mare, het verskeie dorpe op hul pad besoek ter bewusmaking van plaasaanvalle. 

Die memorandum sluit o.a. dank in teenoor almal wat mense bystaan tydens plaasaanvalle. Ongeveer 14h43 het die groep Thabazimbi binnegery en die memorandum oorhandig aan  Kaptein Ben Coetzee van die Thabazimbi Polisiestasie.

Vier van Thabazimbi se klubs het kom hand bysit; die Originals, Road Hogs, Ghost Riders en Solitario Del Lobo.

Daar was altesaam 22 polisiestasies besoek in Limpopo.

Die memorandum word oorhandig aan kaptein Ben Coetzee.
Met een doel voor oë ry die manne en manninne Thabazimbi binne. 
Verskeie lede wat met een stem voor die Thabazimbi se Polisiestasie saamtrek.