Worsbroodjies vir Lizandri

Thabazimbi – Die Voortrekkers van Thabazimbi het op Saterdag 17 Augustus saamgespan om geld in te samel vir Lizandri Oosthuizen.
Lizandri is ‘n 11-jarige leerder van Laerskool Thabazimbi wat in Julie brandwonde oor 45% van haar liggaam opgedoen het in ‘n fratsongeluk.
Tydens die geleentheid het hul smullekker worsbroodjies verkoop en gesigte geverf.
Die fondse sal aangewend word om te help met Lizandri se mediese onkostes.
Baie dankie aan die lede van die Voortrekkers en die gemeenskap wat van die dag ‘n sukses gemaak het.
uniform.
