Headlines

‘n Suksesvolle vetveeveiling vir Vleissentraal

20 September 2019 · Platinum Bushvelder

‘n Suksesvolle vetveeveiling vir Vleissentraal

Northam – Vleissentraal het op Woensdag 11 September ‘n suksesvolle vetveeveiling aangebied te Northam.

Die veiling wat ‘n hoogtepunt is op die Northam kalender, het weereens vir ‘n groot verskeidenheid inskrywings gesorg met spogvee in al die kategorieë.


Na afloop van die veiling is sertifikate en trofees uitgedeel. Krystle Herholdt het skoonskip gemaak en het met eerste pryse in elke kategorie weggestap! 

 

  • Eerste prys groep drie – gewissel
  • Eerste prys vir swaarste bul – 1130kg
  • Eerste prys vir swaarste koei – 735kg
  • Eerste prys vir engelbees – gewissel

Northam Boerevereniging voorsitter Willem Erasmus het almal bedank vir hul toewyding en volgehoue samewerking.

Van links: algehele wenner Krystle Herholdt, Northam Obaro bestuurderes Adri Serfontein en Jacques du Plessis van Wes Voere.
Van die trofee-beeste wat opgeveil is.
Van links: Josef van Wyk van Vleissentraal, Northam Obaro bestuurderes Adri Serfontein, algehele wenner Krystle Herholdt, Northam Boerevereniging voorsitter Willem Erasmus, Jacques du Plessis van Wes Voere en Chris Keyter van Vleissentraal.