'n Boer van formaat

Thabazimbi – Die Landbou Navorsingsraad (LNR) het dokter Pieter de Kock, president van die Afrikanerbeestelersgenootskap, vereer met die toekoenning: wenner van die nasionale bees verbeterings kudde van die jaar vir 2019.
Hierdie gesogte nasionale toekenning word jaarliks toegeken op grond van verskeie kriteria.
Die LNR het ‘n paneel wat bestaan uit professore, veekundiges, boere en dies meer. Ses finaliste word landswyd gekies en op 5 September is ‘n LNR-indaba gehou in Irene, Pretoria, waar die toekenning oorhandig is.
“Ek het lesings aangebied en demon-strasies gedoen oor my beeste by die byeenkoms. Terwyl ek in een van die krale besig was, het hulle my geroep na die markiestent. Daar het hul gepraat oor al die vereistes waaraan ‘n boer moet voldoen.
Ek het later agtergekom dat hulle van my praat,” aldus Pieter. “Ek het wel die toekenning ontvang, maar dit is vir die hele span van Pronk Afrikaner wat ons die prys ingepalm het. Ek is trots op my span!” Dit is die eerste keer dat ‘n afrikaner bees kudde en sy mense die toekenning ontvang.
Die hoogtepunt van die toe-kenning is die trots daaraan verbonde en die geleentheid om
‘n bees-week in die VSA in 2020 by te woon.
