Headlines

Maak Thabazimbi MOOI –kompetisie

16 November 2017 · Platinum Bushvelder

Maak Thabazimbi MOOI –kompetisie

Thabazimbi – Vier die koms van die somer in die buitelug en in jou tuin. Skop uit jou skoene, voel die gras tussen jou tone en maak mooi om jou!

Tyremart Thabazimbi daag die gemeenskap uit om mooi te maak om hulle! Die kompetisie is oop vir almal, ongeag hul spasie van tuinmaak... Of  jy in jou tuin, op ‘n patio, op ‘n balkon, sypaadjie, in ‘n agterplaas of in enige vaal ruimte wil mooi maak – als is in die haak.

Besighede word óók uitgedaag  om hulle mooi te maak. Navorsing het bewys dat werksplekke wat ‘n tuin of groen area het, oor die algemeen gelukkiger en meer ontspanne werkers het.

Om deel te neem, neem foto’s en e-pos dit na tyremart@jjsnyman.co.za. Besoek graag enige tuinsentrum vir kleure en aromas om jou te inspireer! Die sluitingsdatum is Donderdag 30 November 2017 om 12h00.

Kompetisie reëls:

  1. Die mooi-maak area is enige area om die huis, sypaadjie, stoep, balkon, agterplaas en besighede.
  2. Foto’s moet voor of op 30 November 2017 om 12h00 per e-pos gestuur word na tyremart@jjsnyman.co.za.
  3. Daar is nie ‘n beperking op inskrywings nie, byvoorbeeld... jy kan jou huis en besigheid of werksplek inskryf.
  4. Die gebruik van herwinbare materiaal is ook oop vir alle tipe materiaal. Daar is nie perke nie! Gaan groot en wees kreatief!
  5. Elke inskrywing sal beoordeel word deur ‘n paneel bestaande uit Jacques Blaauw, eienaar van Total en voorsitter van Thabazimbi Sakekamer; Anita en Ilona van Bosloerie Kwekery; en Tanja Kuhn van Tyremart Thabazimbi. Die beoordelaars se besluit is finaal

Pryse:

  • Die eerste prys is ‘n R1000 koopbewys van Bosloerie Kwekery en publisiteit in die Platinum Bushvelder koerant: ‘n kwart blad kleur advertensie.
  • Die tweede prys is ‘n R500 koopbewys van Bosloerie Kwekery en publisiteit in die Platinum Bushvelder koerant: ‘n agste blad kleur advertensie.
  • Die derde plek is ‘n R250 koopbewys van Bosloerie Kwekery en publisiteit in die Platinum Bushvelder koerant: ‘n besigheidskaartjie kleur advertensie.
  • Alle wenners ontvang ook ‘n gratis suspensie inspeksie op ‘n voertuig by Tyremart Thabazimbi.
  • Daar sal afdeling wenners wees, een vir ‘n huis (of soortgelyke) inskrywings; en dan vir besighede, werksplekke of skole vir die tweede afdeling. Die besigheid (of wenner van die afdeling) sal ook ‘n kaar gratis lidmaatskap van die Thabazimbi Sakekamer ontvang.

Hierdie is ‘n gulde geleentheid om die moue op te rol en vingers in die grond te druk, heerlik met die geur van nat grond terwyl die bloeiseltjies bot.

Vir enige navrae, skakel Tanja Kuhn van Tyremart Thabazimbi by 014-777 1833.

(Bepalings en voorwaardes geld)