Thaba stap saam teen dwelms

Thabazimbi – Op Saterdag 26 Oktober daag die gemeenskap van Thabazimbi in hul hordes op om hul steun te wys vir die stryd teen dwelms.
In Thabazimbi, soos die res van die land, is daar menige families waarvan een of meer lede vasgevang is in die kloue van dwelms.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF), wat die dryfkrag agter dié veldtog is, het mense aangemoedig om plakkate en borde te bring en die roete vanaf die ou Standard Bank gebou tot by Thabazimbi Spar en terug te stap.
SAVF maak van hierdie geleentheid gebruik om dankie te sê aan al die ondersteuners. ‘n Spesiale dankie aan Anna-Marie Oosthuizen van Friends to Addicts en New Way Christian Church. Kontak Anna-Marie by 079 355 8502 vir informasie oor Friends to Addicts.
die veldtog.
