Kaskarkenades!

Thabazimbi – Die leerders van Laerskool Thabazimbi het Vrydag, 20 Oktober, tydens hul jaarlikse kaskardag terdeë geniet – die wiele het gerol, die kleure het ontplof, die water het gespat en wie weet wat!
Spanbou was aan die orde van die dag en elke maatjie het tong in die kies gesit om kaskar koning te kraai. Die kleinspan, van graad 1 tot 7 het deelgeneem. Oumas en oupas, en mammas en pappas het hul kroos kom ondersteun. Dit was ‘n lieflike dag!
Elke klas het ook die veld trotseer in hul eie klas se unieke tema. Van hulle het ingesluit: ‘The Boss Baby’, ‘Zombies’ en dies meer. Sang, dans en hande klap was volop!
Geluk aan die volgende twee wen klasse: junior fase: graad 3 (54) van Juffrou Ria (met 91 rondtes); en in die senior fase: graad 7 (65) van Juffrou Herma (met 123 rondtes).
