Headlines

Marie vier 60ste jaar by die Bloedbank

13 December 2019 · Platinum Bushvelder

Marie vier 60ste jaar by die Bloedbank

Thabazimbi – Marie Steenekamp het op Woensdag 4 Desember haar 60ste diensjaar by die Thabazimbi Bloedbank gevier.


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder sê Marie: “Baie dankie aan die mense wat al die afgelope 60 jaar bloed skenk. Elke druppel is kosbaar en red ‘n lewe. Dankie vir diegene wat deur al die jare nog die Thabazimbi-tak ondersteun.”


Sy wil ook huidige skenkers aanmoedig om gereeld te skenk en nuwe skenkers nooi om deel te word van die helde wat met elke skenking ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe maak. “Aan al die hoërskoolleerders wat bloed skenk – moenie ophou nie!”