HFM krieketmanne Limpopo kampioene!

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se eerste krieketspan is as Limpopo kampioene gekroon met 97 lopies!
HFM het eerste gekolf: Nimroe Lategan het 50 lopies gemaak; Gareth Meyer 30 lopies; Gustav Grobler 23 lopies en Devoux Deysel 22 lopies.
Ben Viljoen het HFM in die 21ste beurt uitgehaal met: Nimroe Lategan vat 4 paaltjies vir 9 lopies; Dewan Deysel vat 3 paaltjies vir 19 lopies; en Dihan Pretorius vat 2 paaltjies vir 13 lopies.
HFM wen met 97 lopies en is Limpopo kampioene.
