Motordief gefnuik

Thabazimbi/ Kwaggasvlakte – Twee Isuzu bakkies is op Vrydag, 27 Oktober, gebuit by seun en vader op ‘n kleinhoewe net buite Thabazimbi by Kwaggasvlakte.
Ikatiseng Security, HPG (Heritage Protection Group) en die boeregemeenskap het vinnig werk gemaak om die makkers vas te trek. Jaco du Toit van True North Aviation het die gebruik van ‘n R44 Helikopter uit sy eie sak geskenk as hulpmiddel om die skurke op te spoor.
Albei bakkies is opgespoor.
Een bakkie is nie ver van die kleinhoewe gevind nie, en die tweede bakkie is opgespoor by die t-aansluiting van Brits en Koedoeskop.
Tydens die soektog is een man gearresteer; en het Maandag, 30 Oktober voor die Thabazimbi Landdroshof verskyn.
“Ons is steeds opsoek na ‘n tweede verdagte in die saak. Ons vra die gemeenskap om op hul hoede te wees en enige verdagte gedrag te rapporteer,” aldus Pottie Potgieter, bestuurder van Ikatiseng Security in Thabazimbi in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant.
Ikatiseng Security beheerkamer: 087-550 1031 of 083-328 1532
