HFM bring die bekers huis toe

Thabazimbi – Die interskole atletiekbyeenkoms is ‘n groot hoogtepunt in elke Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) leerder se skoolloopbaan.
Tydens die jaar se interhuis-atletiek op Saterdag 29 Februarie het HFM ‘n bewonderenswaardige vertoning opgesit en weereens gewys hoekom hul al vir vyf jaar lank die sangbeker wen.
Die dirigente het beslis hul beste gegee en dit is bevestig deur die dirigentebeker wat ook saam met HFM huistoe gegaan het. HFM staan ook nie terug vir ‘n uitdaging nie en die paviljoen gevul met juigende ondersteuners het seker gemaak hul stap ook weg met die titel vir beste opkoms.
Op die atletiekbaan presteer hul ook uitstekend. Die senior dogters, junior seuns en seunsspan behaal almal ‘n tweedeplek in die kompetisie. Die seunsspan hardloop dat die stof so staan en wen ‘n eerste plek in aflos wat hul die aflosbeker verseker.
