Toekomstige vlieëniers?

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se 2019 top tien, van elke graad, is op Dinsdag 17 Maart bederf met ‘n uitstappie na ComAir te Kempton Park.
Vir die 39 wat vergesel is deur HFM adjunkhoof Marie Boshoff, wiskunde en akademie hoof Tiaan Schmidt en juffrou Anmarie Moller, was dit ‘n onvergeetlike ervaring.
Leerders het hulself as vlieëniers bewys in die simulasie program wat ComAir aanbied. Na die fantastiese geleentheid het hul ontspan deur ‘n rondte tenpin bowling te gaan speel.
