Plaasaanval gefnuik

Makwassie – In samewerking met die polisie en boere in die Makwassie area, is agt voornemende plaasaanvallers Maandagaand, 13 November, vasgetrek. Twee 9mm pistole, ammunisie, messe, balaklawas, handskoene en vyf slagters is beslag op gelê. Die agt vermeendes se ouderdomme wissel tussen 25 and 35.
“’n Boer wat op die Wesselsbron grondpad gery het, in die rigting van Makwassie, het ‘n verdagte voertuig by die Kommandodrift kruising gestop,” aldus luitenant kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.
Hy het terstond keel dik gemaak en die polisie en boere in die kontrei ontbied.
Die agt mans is gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en het voor Wolmaransstad se landdroshof verskyn op Woensdag, 15 November.
Die Noord-Wes provinsiale kommissaris, luitenant generaal Baile Motswenyane het haar waardering teenoor die boere en polisie uitgespreek. “Hierdie soort samewerking is wat ons nodig het.”
