Thaba it's time

Thabazimbi – Oud en jonk het saam op Dinsdag, 8 Augustus, kop gesak in gebed by ‘n gemeenskaplike bid aksie genoem Thaba iT’s Time.
Talle dominees en pastore vanuit verskeie kerke het saamgetrek op Hoërskool Frikkie Meyer se pawiljoen, om te bid vir ons gemeenskap.
Skuldbelydenis, genadeverkondiging, leiers, ge-sinne, huwelike, die skole, jeug, eensgesindheid en herstel is opgedra aan God in gebed.
“Die afgelope drie jaar was Thabazimbi se droogste ooit. Ons was moedeloos. Verskeie boere mos van hul vee verkoop om staande te bly, en talle ander het met hul hande in die hare gesit. Maar wat gebeur toe? Die sluise open en die Here voorsien ons met baie reën. Moet nooit in Hom twyfel nie. Hy sal voorsien,” aldus Ds Hennie van der Linde.
Die organiseerders dank die Hemelse Vader vir die geleentheid om so saam te bid. Ook maak hulle gebruik van die geleentheid om die volgende persone te bedank: Ruduan vir die inisiatief, Ds Hennie van der Linde vir die reëlings, Janco Meintjies vir die ontwerp vir die advertensie, al die betrokke dominees en pastore, Danie Fouche vir die klank, asook elkeen wat hierdie biddag bygewoon het.
