THABA SPOG

Thabazimbi – Medhof Apteek se baba en kleuter kompetisie is al vir jare ‘n treffer by Thabazimbi Landbouskou. Die uitdagings van 2020 het egter verhoed dat daar dié jaar ‘n skou plaasvind en Medhof moes dinge bietjie anders doen...
Tydens die grendeltydperk het hul ‘n Facebook kompetisie geloods waar ouers spontane-pret-foto’s van hulle kinders kon instuur. Daar was sewe kategorieë van verskillende ouderdomme en die wenners is op Vrydag 13 November aangekondig. Om die wenners te kies was beslis nie ‘n maklike taak vir die beoordelaars nie!
Baie dankie aan al die deelnemers, Thabazimbi kan beslis spog met die mooiste babas en kinders!
Hul wil ook graag hul borge Austell, Nativa, Cipla, XS health, Inova, Actor Pharma en Jeral Distributors bedank vir hul bydrae. Asook Bibs and Babes en Limpopo Stationers vir hul getroue ondersteuning waarsonder niks van dié moontlik sou kon wees nie.
