Headlines

Thabazimbi Kerssangdiens

24 November 2017 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi Kerssangdiens

Thabazimbi – In die woord van God beklemtoon Jacobus dit dat ons gelukkig en dankbaar moet wees as daar beproewings (swaarkry) oor ons pad kom, want dit versterk ons geloof.  Watter beproewings jy of jou geliefdes moontlik moes deurgaan in die afgelope tyd kan ons saam na die Here toe bring en Hom lof bring deur musiek en sang.


Ons nooi almal van Thabazimbi en omstreke, jul families en elkeen wat die Here Jesus intiem wil leer ken om jul vreugde en dank aan ons Here Jesus te kom uitleef tydens die musiekaand vir Kersfees!
‘n Sangpaar in ligte klassieke- en geestelike musiek – Thinus en Marina Spies tree die aand op saam met die Thabazimbi mannekoor, ander soliste en al die gelowiges.  


Kom sing saam met vreugde en vertel aan ons Here Jesus hoe lief ons hom het. As jy jou hart vir die eerste keer of by hernuwing vir die Here wou gee is dít die geleentheid!

“Ons het ‘n divine appointment met Jesus op Sondag 26 November om 19h00 by NG Kerk Thabazimbi,” aldus ds. Piet Kruis. “Ons herdenk dan sy geboortedag, maak Sy naam groot en versterk ons geloof. Kom ontmoet die Here deur musiek en sang!” 


Informasie: NG Kerk Thabazimbi 

 

Marina Botha-Spies: Marina Botha-Spies (sopraan) en Tinus Spies (tenoor) is ‘n sangpaar van Pretoria
Tinus Spies