Brand by Spitskop

Spitskop/ Thabazimbi – Verskeie organisasies het op Dinsdag 20 Julie meer as twee ure gespook om ‘n vuur wat uitgebreek het in die Spitskop-omgewing onder beheer te kry.
Thaba Fire and Rescue in samewerking met Thabazimbi Crisis Control Centre en Thabazimbi Local Municipality en lede van die Gemeenskap Polisiëring Forum het almal saamgespan om die vuur te blus. Die oorsaak van die vuur is nog onbekend.
