Thabazimbi Brandbestryding samewerking in 72uur

Thabazimbi – Die Thabazimbi Fire Protection Association (TFPA) het op 17 Augustus belangrike inligting gedeel van gebeure op 7, 8 en 9 Augustus:
7 Augustus:
- 10h18: Rooiberg Bewari, ‘n vuur het ontstaan by die Onverwacht wildplaas. Brandweermanne van Elandsberg en Onverwacht is ontplooi, vuur is gestig deur ‘n bossiekapper.
- 10h21: Grondeienaars word vriendelik versoek om brandweermanne by te staan, en seker te maak dat brandblusser toerusting beskikbaar is, veral gedurende hierdie tyd van die jaar.
- 11h15: Bevelvoerder Louis Nienaber by Onverwacht het ‘n insident rapporteer. Elandsberg en WOF Rooiberg het hulp verleen.
- 11h18: Verskeie ander spanne is ontplooi na die Onverwacht area nl: Rooiberg Bewaria, WOF, RFPA, Rooiberg Wildboerdery en Welgedacht spanne.
- 11h32: Die vuur is onder beheer gebring.
- 13h52: Dankie vir almal!
- 14h02: TFPA, 2 vure by Welgevond gerapporteer.
- 14h08: Rooiberg Bewaria, a.g.v. die sterk winde, het die vuur weer vlam gevat.
- 15h17: Rooiberg Bewaria, vuur geblus by Onverwacht One. Finale afwerking van vuur blus.
- 18h47: Monitor dienste sal deur die nag geskied.
- 8 Augustus:
- 07h26: Welgevond vure gerapporteer.
- 13h28: Koedoeskop, brand gerapporteer by die blou brug, Northam afdraai. Brand het op sypaadjie begin. Spanne is ontplooi. Brand tans in boer se plaas.
- 18h03: Koedoeskop, brande is geblus. Sal deur die nag monitor. So +- 80 hektaar.
9 Augustus:
- 12h20: TFPA, dit brand by Groenvlei skool.
- 12h26: Gerrie gaan uit na die vuur. Kumba span ook gekontak vir hulp.
- 12h56: TCCC se vrywilligers is ook reeds op pad met bakkies en brandweermanne.
- 13h04: Sentrum, by die skool slegs nog seringstompe wat brand.
Vir 72 uur het verskeie organisasies en vrywilligers saamgewerk vir brandbestryding. “Hierdie mense doen dit vir die liefde en omgee vir hul medemens en die omgewing. Hulle het die politieke wil om wetgewing te laat slaag. Sluit graag aan by die TFPA dat almal kan deel vorm van die georganiseerde samewerking poging,” aldus Gert Gouws, voorsitter van die TFPA.
Vir meer informasie, kontak Gouws by 078-699 9318 of gert@gertgouws.co.za.
