Headlines

Wegholoorwinning vir Northam Rhinos

13 September 2022 · Platinum Bushvelder

Wegholoorwinning vir Northam Rhinos

Setaria – Die Northam Rhinos het op Saterdag 3 September weereens aan die wenkant geëindig in hul wedstryd teen die Grizzlies Rugby Club.

Hul punt-per-minuut skouspel in die tweede helfte van die wedstryd was iets om te aanskou, met ‘n welverdiende telling van 64-21.


In die semi-finaal wat op 17 September plaasvind sal die Rhinos se eerste en tweede spanne weer teen die Naka Bulls te staan kom. Uit vorige ondervinding het ons geleer dat hierdie span ‘n waardige teenstander is, en dat ‘n moeilik wen sal wees. 


Die derde span sal hul wedstryd teen die Grizzlies speel. Al drie wedstryde sal weg-wedstryde wees.

#FosteringASenseOfCommunity