Headlines

Sies, maar ons dorp is vuil!

4 November 2022 · Platinum Bushvelder

Sies, maar ons dorp is vuil!

[Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Ek is maar net nóg ‘n Thabazimbi inwoner wat keelvol is vir die vuil dorp. Die leë veld in 13de Laan reg by ‘n hoërskool lyk soos asgate en buiten dit, lok dit plakkers.  


Moet ons as inwoners nou ons oë en monde toeknyp vir die gemors? Kan iemand asseblief help om ‘n plan te maak om alles daar ‘weereens’ skoon te kry?

Dit is nie net ‘n seer oog nie, dit is onveilig! 


‘n Dame het net nou die dag iemand daar naby gaan aflaai, toe ‘n man agter ‘n vullishoop uitspring, op hulle afpeil, en probeer by haar kar inklim. Sy het dadelik keel opgesit en vir hom gesê hy moet uitklim – maar toe vra die man waaragtig nog vir geld ook! 


Hoe veilig is die kinders wat na skool daar verby stap op pad huis toe? 
Besorgde Inwoner

Dit lys soos ‘n vullishoop in die veld in 13de Laan.

#FosteringASenseOfCommunity