Headlines

Michael, skeidsregter by bestek

2 February 2018 · Platinum Bushvelder

Michael, skeidsregter by bestek

Thabazimbi – Baie geluk aan mnr Michael Karemaker, een van die leerkragte by Laerskool Thabazimbi. 


Mnr Michael, ‘n kranige skeidsregter, is beslis iemand om dop te hou in die rugbykringe. Hy was gekies as assistent skeidsregter in die tegniese area tydens die Bulle en Sharks opwarmingswedstryd op Saterdag 27 Januarie te Polokwane. Jaco Peyper was die skeidsregter tydens hierdie wedstryd. 

Meneer Michael Karemaker