Headlines

Gaan daar die jaar weer skou wees?

17 March 2023 · Platinum Bushvelder

Gaan daar die jaar weer skou wees?

[Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Die Thabazimbi Landbouskou is beslis een van die hoogtepunte van ons gesin se jaar. Ons het nog nooit die skou gemis sedert ons in Thabazimbi gevestig is nie, en wil graag weet of daar hierdie jaar ‘n Thabazimbi Landbouskou gaan wees.


Getroue Skouganger

Platinum Bushvelder het uitgereik na die organiseerders van die Thabazimbi Landbouskou om te hoor hoe skou se reëlings vorder.


Volgens Elsa du Toit is hulle reeds hard besig met beplanning vir die skou, wat vanaf 27 Julie 2023 tot 29 Julie 2023, sal plaasvind.


Kunstenaars soos Juanita du Plessis, Willem Botha, Ruan Josh, Eloff, Ray Dylan, DJ Ossewa en Biggy is op die kaarte. Ou gunsteling geregte soos monster burgers, aarbeie en room, en lamsbredie is klaar bevestig vir die geleentheid. Die mallemeule sal natuurlik ook daar wees. Skougangers kan ook opgewonde raak oor die wildveiling en die beeste skou.


Hierdie is net die begin, so hou die spasie dop! 
Vir meer inligting kontak Elsa op 082 890 4731.