Headlines

Mac made contact! 

4 December 2023 · Platinum Bushvelder

Mac made contact! 

Thabazimbi - In ‘n vertoon van gemeenskapsolidariteit, is mense tot aksie gespoor volgende die verdwyning van die 23-jarige Mac Mc Alister. Toe die soektog na Mac begin het, is hy laas gesien in die vroeë ure van Maandag 20 November 2023, wat kommer oor sy welstand ontlok het. Maar goeie nuus was gou op die horison toe Mac se ma, Lizell Mc Alister, berig het dat Mac Saterdagaand 25 November kontak gemaak het met sy familie. Mac het aan sy ma genoem dat hy veilig was by ‘n kusgebied, en is tans by sy suster in Pretoria. 

Brief aan almal van heinde en ver wat onbaatsugtig uit liefde ons gehelp het om na Macky te soek 

As ouers het ons weereens ons Almagtige Vader gedank en geloof en gevra om ieder en elk van julle te seën. Hy en ek ken nie almal van julle nie en ons sal vir ‘n baie lang tyd besig wees as ons almal se name moet begin kry. Ons weet egter dat mense van ORAL in Suid-Afrika gebid het vir Macky en help uitkyk het vir hom. Daar was so baie mense en daarvoor sal ons julle ewig dankbaar wees.

Daar is egter wel mense wat direk saam met ons gewerk het en wat ons by die naam wil bedank:

  • Sunette Kruger
  • Buks Kruger
  • Corne Kruger
  • Gustav Lind
  • Monique Lind
  • Lillian Vermaak
  • Jaap Lotter
  • Niel Lotter
  • Wikus Janse van Vuuren
  • Andre Crous
  • Reg Rapson van Leeupoort

Thabazimbi Fire and Rescue:

  • Pierre Loots
  • Angelique Loots
  • SJ Malan
  • Dalize Botha
  • Edwin Beyers
  • Charmone Pretorius
  • Jannie Rossouw
  • Christopher Booysen
  • Des (van onbekend)
  • Al Macky se ware familie en vriende

 
Ons wil ook die volgende organisasies bedank vir hulle hulp:

  • The Pink Ladies
  • Clayton en Rose Wheeler vir die donasie vir water
  • Tersia Loggenberg vir die ‘flyers’ wat ons kon versprei
  • Die GPF groepe van al die areas waar ons gesoek het
  • Verskeie sekuriteit maatskappye
  • Die Suid-Afrikaanse Polisiediens
  • Die persoon wat sy helilopter beskikbaar gestel het, asook Derek Coetzee wat met die persoon kontak gemaak het
  • Die persoon wat sy vliegtuig in Bela Bela laat vlieg het
  • Poskoerant
  • Platinum Bushvelder
  • Dan wil ons ook die volgende mense bedank:
  • Die mense wat gehelp deel het op sosiale media, dit het wyd versprei
  • Die dames wat vir ons kos gemaak het en gesorg het dat ons liggame energie kon opbou
  • Elkeen wat donasies gegee het vir brandstof
  • Elkeen wat vir ons ondersteunende boodskappe gestuur het
  • Elkeen wat gebid het en nooit opgehou bid het nie
  • Elkeen wat saam met ons geglo het dat ons seun lewend en veilig is en dat ons hom wel sal vind

Ons kan nie in woorde beskryf hoe dankbaar en geseënd ons is om mense soos julle in ons lewe te hê nie, en dan nog soveel mense wat ons glad nie eers ken nie, wat so onbaatsugtig opgetree het. Ons dank ieder en elk van julle en bid uit ons harte dat julle geseën sal word!

Dankbaarheid en liefde aan elkeen van julle,
Mac en Lizell Mc Alister