Headlines

VLU Northam werk met alkohol-verf

23 February 2018 · Platinum Bushvelder

VLU Northam werk met alkohol-verf

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag, 15 Februarie, vergader.

Alkohol-verf is gebruik om sleutelhouers van metaal wasters te maak. Hierdie tegniek word gebruik om agtergrondkleure aan verskillende elemente te gee soos papier, glas en metaal. 

Karin Swanepoel, Tersia Coetzee en Marinda Gagiano is ook as nuwe lede verwelkom. 

Vir meer inligting in verband met die VLU Northam-tak, kontak gerus Chantell Steynberg, skakelbeampte, by 061-326 2724.

Sleutelhouers gemaak van wasters met alkohol-verf.
Welkom aan al die nuwe lede, van links: Karin Swanepoel, Tersia Coetzee en Marinda Gagiano.
Voor van links: Celia Goosen, beoordelaar sameroepster by Jaco en JP. Middel van links: Anneke Gagiano; Madeleine Meintjes; Angela Potgieter; en Marinda Gagiano. Agter van links: Chantell Steynberg, skakelbeampte; Desré Janse van Vuuren; Tersia Coetzee; en Karin Swanepoel.