Headlines

HANDE VOL VISSE

2 March 2018 · Platinum Bushvelder

HANDE VOL VISSE

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die naweek van 17-18 Februarie hul maandelikse hengelkompetisie by Fyndraai Roodekoppies aangebied. Die kompetisie het sowat 14h00 Saterdagmiddag afgeskop en 24 uur later is die wenners aangewys. 


Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het, naamlik 10 punte per kg en 10 punt per vis. Die manne en manninne het hul hande vol gehad en moes hard werk om die visse te laat byt. 


Die wenners is as volg:

  • Penkoppe: 1) Tiaan Swanepoel, 2) MJ Kloppers, en 3) Ewald Botha
  • Dogters: 1) Dalize Botha, en 2) Marijuzé Parau
  • Juniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Dylan Nortier, en 3) PJ Bezuidenhout
  • Dames: 1) Sandra Swanepoel
  • Meesters: 1) Nicolene Heydenrych, 2) Johann Schoeman, en 3) Ronnie Mulighan
  • Seniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Hans Maritz, en 3) Deon Bender

Die volgende kompetisie vind plaas op die naweek van 10-11 Maart, vir navrae kontak: thabahengel@gmail.com

Agter van links: Hans Maritz, Deon Bender, Johann Schoeman, Ronnie Mullighan, en Tommy Swabepoel. Middel: Dylan Nortier, PJ Bezuidenhout, Sandra Swanepoel, en Nicolene Heydenrych. Voor: Tommy Swanepoel, MJ Kloppers, Tiaan Swanepoel, Marijuzé Parau, en Dalize Botha.
Díe karp is gevang deur Dylan Nortier en is die nuwe rekord vir die Fyndraai Oewer, naamlik 11.19kg.
Mooi karpies gesond en almal rondom 2kg van links: Piet Bezuidenhout, Hans Maritz, Dries Raath, en Charl Nel.
Dalize Botha met haar karpie van 1.93kg 
Marijuzé Parau met haar karpie van 1.19kg