Headlines

Laat jou voete vir jou hart praat!

16 March 2018 · Platinum Bushvelder

Laat jou voete vir jou hart praat!

Thabazimbi – Die nasionale Tekkie Tax veldtog gee jou die geleentheid om met jou voete, te wys waar jou hart lê!


Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi-tak staan slaggereed agter díe veldtog. Hulle werk hard om Tekkie Tax te bemark in ons kontrei. 


Op Woensdag 21 Maart en Saterdag 24 Maart kom Happy, Tekkie Tax se gelukbringer, kuier by die Thaba Mall tussen 09h00 tot 13h00. 

“Op 22 en 23 Maart kuier ons en Tekkie Tax verteenwoordigers by plaaslike kleuterskole om plakkers en skoenveters te verkoop,” vertel Christelle Barnard van SAVF Thabazimbi. 


Jy kan ‘n plakker kies wat ná aan jou hart lê of jou tekkies opkikker met oulike Tekkie Tax skoenveters. 


Díe veldtog het in 2013 begin toe ‘n paar van Suid-Afrika se grootste en mees verantwoordelike welsynsorganisasies byeengekom het.