Oor 100 visse gevang by Roodekoppies Fyndraai

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul maandelikse kompetisie gehad by Roodekoppies Fyndraai. Die weer was mooi en die vis het mooi gebyt. ‘n Totaal van 130 visse is gevang en het in totaal 249.99kg geweeg.
Daar was sowat 60 hengelaars, en wenners is bepaal deur die hengelaars wat die swaarste sakke vis ingeweeg het.
Die wenners is as volg:
- Cubs: 1) André Blom, 2) Henlo Maritz, en 3) Joe Kloppers.
- Penkoppe: 1) Tommy Swanepoel, 2) Juan Du Plooy, en 3) MJ Kloppers.
- Dogters: 1) Mikaya Tullues, 2) Dalize Botha, en 3) Zenishke Du Preez.
- Juniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Marinus Viljoen, en 3) JP Nortier.
- Dames: 1) Annalize Viljoen, 2) Bernique Du Preez, en 3) Marry Kloppers.
- Meesters: 1) Martie Murray, 2) Jan Botha, en 3) Johann Schoeman.
- Seniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Deon Bender, en 3) Kobus Du Preez.
In die volgende kompetisie, die Bosveldtrofee, sal die vier omliggende myne se beste 12 hengelaars teen mekaar meeding. Díe kompetisie vind plaas gedurende die naweek van 25 Maart, ook by Fyndraai.
Dan vind die klub se April kompetisie plaas op 15 April by die Northam Platinum Konsentrator.
Middel: Juan du Plooy, Tommy Swanepoel, Dalize Botha, Martie Murray, Tiaan Swanepoel, en MJ Kloppers.
Voor van links: Henlo Maritz, Zenischke du Preez, en André Blom.
