Headlines

Nuwe bestuur by Northam Solidariteit Helpende Hand

6 April 2018 · Platinum Bushvelder

Nuwe bestuur by Northam Solidariteit Helpende Hand

Northam/ Swartklip – Die Solidariteit Helpende Hand Northam-tak het ‘n vars begin gemaak met ‘n nuwe bestuurspan.


Díe groep vrouens het weggespring met ‘n pret familiedag te Swartklip waar hulle heerlike worsbroodjies, grimering en klere verkoop het ten bate van ‘n fondsinsameling. 

“Ons beplan baie vir vanjaar om die gemeenskap op te hef. Ons sien uit na ons markdag op 1 Mei by die Northam Plaza. Ons is vuur en vlam om ‘n verskil in ons gemeenskap te maak,” aldus Natasha Prinsloo, voorsitster van die Solidariteit Helpende Hand Northam-tak. 


Die span se leuse vir die jaar is: raak betrokke en maak ‘n verskil.


Vir enige navrae skakel Natasha Prinsloo by 076-010 3241 of Nickey Hamman by 083-231 6641. 

Agter van links: Letsie Els, sekretaresse; Nickey Hamman, skakelbeampte; Petronella van Biljon, addisionele lid; en Anneke Gagiano, tesouriere. Voor van links: Marline Nieman van die Northam Mark; Natasha Prinsloo, voorsitster; en René Laas, visie voorsitster.