Thabazimbi inwoner spreek dankbaarheid teenoor munisipaliteit uit

Thabazimbi – Eugene Mulder wil die Thabazimbi Munisipaliteit en in besonder vir Dr Bertie Joubert bedank vir hul flinke optrede nadat ‘n waterpyp binne sy erf gebars het.
Op 17 Augustus het Eugene by die huis gekom en gesien die water stroom amper by sy huis in. Eugene is sonder versuim munisipaliteit toe waar hy vir Dr Bertie Joubert raakgeloop het. Vinnig het Joubert vir John Masilo laat weet om gou te kom help met die krisis. Dit was nie vyf minute nie toe stop Masilo daar en spring dadelik aan die werk om die water te stop.
Mulder sê: “Baie dankie Joubert en Masilo, jul onbaatsugtigheid word opreg waardeer. Met mense soos julle by ons munisipaliteit sien ek goeie dinge gebeur!”
