Twee plaasaanvalle in die kontrei

Koedoeskop/Rankinspas – ‘n Plaasaanval het op die Brits/ Northam pad naby Koedoeskop plaasgevind op Dinsdag, 1 Mei omstreeks 01h00 in die oggend. Ongeveer 7-8 gewapende verdagtes het op die plaas toegesak en een van die plaaswerkers vasgemaak en aangerand.
Verskeie items is gebuit.
‘n Tweede plaasaanval het op Rankinspas plaasgevind op Donderdag, 3 Mei, omstreeks middernag.
Twee plaaswerkers is vasgebind en die plaasbestuurder is geskiet, aangerand en met ‘n panga aangeval deur drie verdagtes. ‘n Kragsaag, twee son panele en drie selfone is gebuit.
Die ondersoeke duur voort.
