Plaasaanval op Bela-Bela

Bela-Bela – Vier gewapende rowers het in die vroeë oggendure van Dinsdag, 8 Mei, op die plaas van Hennie Coertze en sy vrou toegesak.
‘n Bedrag kontant, twee voertuie, drie wapens en ander items is gebuit.
Coertze en sy vrou het wonde opgedoen, maar sterk tans aan.
Een van die verdagtes is aangekeer deur die samewerking van die Bela-Bela en Northam polisie. Hy is vasgetrek met een van die bakkies en ‘n kragopwekker, in sy besit. Díe items is gesteel by Coertze tydens die plaasaanval.
Die ondersoek duur voort.
