Headlines

Help TAR om diere te help

1 June 2018 · Platinum Bushvelder

Help TAR om diere te help

Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR). TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien.

Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasie om beter vir die brakkies te sorg.

Kontak Tania op 084-885 6487 of Magda by 082-375 4064, of besoek hul Facebookblad by https://www. facebook.com/tbzanimalrescue/. 


Die volgende hondjies is beskikbaar vir aanneming:

Athena, x-breed daschhound, vroulik en sowat 18 maande oud. ‘n Liefdevolle dier en sal goed oor die weg kom met kinders en ander diertjies.
Varkie, x-breed, is manlik en sowat drie jaar oud en baie goed met kinders.