Headlines

Die Koöperasie is oop!

22 June 2018 · Platinum Bushvelder

Die Koöperasie is oop!

Koedoeskop – Die dag het eindelik aangebreek dat Die Koöperasie te Koedoeskop hul deure oopgemaak het vir honger magies van die kontrei. 


Op die restaurant se openingsaand op Woensdag 13 Junie, het Andries Vermeulen, die welbekende sanger en komediant, die gaste kom beïndruk. Almal het geproes en gelag, en moes behoorlik mae styf vashou van die gelag. 


Meer as 200 honger gaste het hul opwagting gemaak en hulself trommeldik geëet aan heerlike en vars voorbereide skaap op die spit, aartappelslaai, potbrode en geurige groenslaai. 


Marily Smit van Die Koöperasie het aan die Platinum Bushvelder vertel dat die openingsdag ‘n reuse sukses was. 


“Kom maak ‘n draai by Die Koöperasie! Ons is agter die Krokodilkraal vulstasie geleë,” aldus Marily. 

Andries Vermeulen, die trekpleister van die openingsaand!
Welkom by Die Koöperasie!