Headlines

Geen tekort aan talent!

3 August 2018 · Platinum Bushvelder

Geen tekort aan talent!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidsgenootskap skou het volop gesoute kunstenaars op die planke gehad. 


Jo Black het op Donderdagaand 26 Julie opgetree, waarna Amor Vittone en Adam Tas op Saterdag 27 Julie opgetree het. 


Amor met haar briljante verhoogpersoonlikheid het almal op hul voete gehad en Adam het ‘n paar manne naby aan trane gehad met sy liedjie ‘Man soos my pa’. 


Jo Black is ‘n gunsteling en het ‘n volgepakte gehoor gehad. Elkeen van sy liedjies is gebaseer op ‘n ware verhaal. Kyk gerus sy video clip op Facebook oor Dawid en sy klippies, en wat Goliat in elkeen van ons lewens is. 

 

Amor Vittone
Adam Tas 
Jo Black en kie.