‘n Fondsinsameling met vetkoek

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 27 September vetkoeke gebak om fondse in te samel vir die 2018 VLU konferensie.
Daar word elke maand op Swartklip vetkoeke gebak en bestellings kom van so ver as Amandelbult. Almal sien uit na die heerlike groot vetkoeke met maalvleis.
Om van die heerlike vetkoeke te bestel, kontak Chantell Steynberg by 061 326 2724 voor of op 24 Oktober.
