Headlines

Musikante blom in Lentekonsert

8 September 2017 · Platinum Bushvelder

Musikante blom in Lentekonsert

Thabazimbi – Op Vrydag 1 September kon Anika La-Grange, eienaar van Anikante Musiekskool, vir die tweede jaar in ‘n ry met haar talentvolle studente pronk. Anikante Musiekskool het ‘n baie oorspronklike lentekonsert aangebied.  

In die 18 items, het die VIPs (Very Important Performers) uitgehaal en gewys  met hulle instrumente. Hierdie kleingoed het presies geweet wat hulle doen, of dit nou kom by die speel van klavier, fluit, blokfluit tot kitaar en ritme. Van hulle speel nog maar minder as drie maande en dit was van hulle se eerste keer op ‘n verhoog. Erich Fourie het selfs vanaf Saudi Arabia teruggekeer om in hierdie konsert deel te neem.

Anika La Grange sê in ‘n onderhoud aan die Platinum Bushvelder koerant: “Lentedag is vir my ‘n dag wat met musiek gevier moet word. Ek wil net vir al die kinders sê dat hulle nooit ooit moet ophou oefen nie. Julle sal sien dat dit eendag die moeite werd sal wees.” 

Anika het vir ieder en elkeen van die kinders gevra om ‘n prentjie te teken van hoe hulle oor musiek voel. Hulle het met die oorspronklikste prentjies vorendag gekom, maar Marné Furstenburg was uiteindelik die wenner van hierdie kompetisie.
 

‘n Anikante Musiekskool groep item
Shanel Furstenburg
Van links: Ina Fourie en Erich Fourie
Ina Fourie en Caitlynne Fortune
Gretchen du Plessis
Frans Kalp
Anika La Grange, eienaar van Anikante Musiekskool