OEFEN is medisyne

Thabazimbi – “Ek is geteister met gesondheidsuitdagings vir die afgelope twee jaar, wat my opnuut weer die waarde van ‘n gesonde leefstyl laat besef het,” aldus Peet van Breda.
Gesond eet en gereeld oefen motiveer nie net beter fisieke liggaamlike funksionering nie, maar bring ook groot emosionele voordele soos om spanning te verlig, interaksie in groepsverband te kweek en sterk positiewe denke om terugslae positief te verwerk.
Daarom hierdie groep uitsonderlike wenners in die reg! Elkeen het ‘n struikelblok van een of ander aard en wil ‘n beter lewe ly. Sommige veg om te wen teen liggaamlike uitdagings en ander wen die terminale stryd, terwyl sommiges die motivering en krag is met raad en daad.
In kort is almal reeds bekend as uiters suksesvol op hul onderskeie vakgebiede. Díe motiverende groep is almal lede van Shape-Up Gym in Warmbadweg langs die skougronde en almal is ‘n ware inspirasie om mee saam te oefen vir ‘n beter lewe.
Met die duur mediese kostes en lewensdruk kan jy ‘n beter lewe lei deur in te skakel by ‘n oefenaktiwiteit. Geen struikelblok is te groot om te oorkom nie! Haal diep asem en maak oefen jou lewenswyse vir ‘n beter lewe.
