Korrektiewe Dienste maak tuin!

Thabazimbi – Shammah Family Church Ministries het op 23 Oktober tuingereedskap aan die Thabazimbi Korrektiewe Dienste geskenk.
Die gereedskap is items wat hulle tydens ‘n uitreikingsprojek ingesamel het.
Deur díe inisiatief sal die korrektiewe dienste help om publieke tuine en parke, in en rondom Thabazimbi, skoon te hou.
Shammah Family Church Ministries wil graag die gemeentelede en in besonder NTK Thabazimbi, bedank vir hul bydraes.
Hulle doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om hul te ondersteun met die projek, en benodig ‘n petrolgrassnyer, ‘n randknipper en kruiwaens.
Volgens Wimpie de Koker is daar ook alreeds ʼn groentetuin van stapel gestuur om minderbevoorregtes te voed en by te staan.
