Tragedie tref Buys gesin

Northam – Terwyl Pieter en Antoinette Buys se dogter, Queenie, opgeneem was in die Olive Dale Hospitaal het hul op 10 Oktober die nuus ontvang dat hul seun, Brenden, skielik oorlede is.
Na Queenie se hospitalisering en Brenden se afsterwe, wil die gesin gebruik maak van die geleentheid om die volgende mense en instansies te bedank: Hoërskool Frikkie Meyer, Spud Myn,
Laerskool Platina se personeel, dominee Petri van Rooyen en die Hervormde Kerk Northam gemeente, die gemeenskap van Swartruggens, familie, vriende en kennisse. Jul boodskappe en gebede het die gesin geweldig deur die tyd gehelp.
