Headlines

Kolskoot vir Thaba manne

15 September 2017 · Platinum Bushvelder

Kolskoot vir Thaba manne

Thabazimbi – Die African Bowhunting Organisation (ABO) se 3de deel van die Tripple Crown kompetisie het die naweek van 9-10 September by die Wildcrete Baan buite Centurion plaasgevind. ABO is bekend vir hul uitdagende 3-D kompetisies met verskeie pryse en medaljes. Vier van Thabazimbi boogklub se skuts het deelgeneem in verskillende klasse en hulself puik van hul taak gekwyt.

Van links: Gerhard Snyman, Hannes Scheepers, Gert Snyman en HJ Swanepoel. Gerhard en Hannes behaal hul persoonlike beste tellings! Gerhard Snyman behaal 171/220 en eindig vyfde in sy klas (MCA) met 355/440 punt. Hannes Scheepers behaal 193/220.
Hier staan Gerhard Snyman en Hannes Scheepers by een van die 3-D diere (koning van die bosveld) waar die skoot area duidelik sigbaar is. 
HJ Swanepoel (middel) wen sy klas met ‘n telling van 417 /440, dis boonop die hoogste telling vir die naweek. Baie geluk HJ! 
Niemand gaan leë hande tuis nie. Indien die skuts nie die pryse kon losskiet nie, was daar talle gelukkige trekpryse. Hier is Gerhard Snyman (regs) met ‘n 3-D kolgansteiken geskenk deur  Wildcrete.