Hengelklub spog met stywe lyne

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het op 19 en 20 Januarie hul eerste kompetisie vir 2019 aangebied.
Die kompetisie het by Northam Platinum Konsentrator plaasgevind. Afskoptyd was 14:00 die Saterdagmiddag en het 14:00 die Sondag geëindig.
Wenners is bepaal deur die persoon wat die meeste punte bymekaargemaak het. Tien punte per vis en tien punte per kilogram is toegeken. Daar het 59 hengelaars deelgeneem en die klub het nuwe lede verwelkom.
Boetie Joe Kloppers, Kayla Vorster en Lihanke Raath (afwesig) was die cub wenners. By die penkoppe is MJ Botha, Ewald Botha en Jayson Loots as wenners aangewys. Die wenners onder die dogters was Anchenay Loots, Marijuze Parau en Zandri Bezuidenhout. Dylan Nortier het skoonskip gemaak tussen die juniors.
Die dames het ook nie op hulle laat wag nie en Rinda Haswell, Angie Raath en Alida Nortier was as wenners aangewys. Oupa Koos Viljoen, Jan Bender en Jackie Botha het gewys wie die meesters is toe hulle as die wenners in diè afdeling wegstap. Charl Nel, Joe Kloppers en Tommy Swanepoel het die titel van wenners onder die seniors gekry.
Die volgende kompetisies vind plaas by Swartklip dam van 9 tot 10 Februarie.
Voornemende lede kan die klubvoorsitter Tommy Swanepoel skakel by 084 532 9908.
