
Plaasaanval gefnuik
Makwassie/ Mogwase – In samewerking met die Polisie en boere in die Makwassie area, is agt voornemende plaasaanvallers Maandagaand, 13 November, vasgetrek. Twee 9mm pistole, ammunisie, messe, balaklawas, handskoene en vyf slagters is opslag gelê. Die agt vermeendes se ouderdomme wissel tussen 25 and 35.







