
Rainbow Beker Finaal
Benetton vs Bulls Dewaldt Duvenage lei sy Benetton span tot ‘n merkwaardige oorwinning van 35-8 oor die Bulls in Treviso. Kliniese ruggas deur die tuisspan het die besoekers verward laat voorkom. Die Benetton se haker, Corniel Els, het die Bulle voorlangs goed verniel. Hy was ‘n derduiwel en is ook beloon met ‘n puik drie. ‘n Tweede drie van Els is ongelukkig nie toegeken nie.









