
Thabazimbi Ghostriders maak ‘n verskil
Thabazimbi – Die Thabazimbi Ghostriders het op Saterdag 24 Oktober worsbroodjies verkoop by Thabazimbi Spar. Met die fondse wat hulle ingesamel het, het hul ‘n R2,000 BUCO koopbewys gekoop en op 27 November is dit aan Loving Hands oorhandig, om te gebruik vir die nodige herstelwerk aan die Thabazimbi Shelter.











