
Super Rugby Unlocked
Leeus vs Griekwas Op Ellispark brul die Leeus weer hard en verslind die Griekwas. Die Leeus kuier nege keer agter die besoekers se doellyn en wen 61-31. Courtnall Skosan druk drie keer en met sy vaart was hy ‘n groot tand in die vlees van die Diamantboere. Elton Jantjies speel dalk tans die beste rugby van sy loopbaan en is ook ‘n uitstekende leier. Hy slaag ook met agt pogings pale toe.








